Doom Gouws week lewer top gehalte rugby

Blou Bulle tree as kampioene uit die Doom Gouws week uit.

Die Noord-Vaal Doom Gouws Rugbyweek het van 28 Junie tot 1 Julie by Hoër Volkskool plaasgevind.

Die Valke Rugby Unie het as gasheer vir die rugbyweek opgetree.

Die verskeie provinsiale o16 spanne het almal in Volkskool se koshuis ingetrek vir die week.

Daar was altesaam 12 provinsiale wat aan die toernooi deelgeneem het, naamlik: Blou Bulle (A), Blou Bulle (B), Griekwas Platteland, Griekwas Stedelik , Griffons Platteland, Limpopo Blou Bulle, Luiperds, Leeus, Pumas Stedelik, Valke (A), Valke (B) en Zeus Griffons Stedelik.

Die spelers het oor drie dae teen mekaar gespeel en dit was duidelik dat die spelers hul beste spel na die veld gebring het.

Dag een se uitslae was:

Luiperds 36 – Valke (B) 14, Griffons Platteland 20 – Griekwas Platteland 10, Limpopo Blou Bulle 32 – Griekwas Stedelik 7, Leeus 24 Blou Bulle (B) 10, Blou Bulle (A) 31 – Griffons Stedelik 14 en Valke A 19 – Pumas Stedelik 17.

Dag twee se uitslae was:

11:00 – Valke B 14 – Griekwas Stedelik 0, Blou Bulle (B) 26 – Griekwas Platteland 3, Griffons Platteland 26 – Limpopo Blou Bulle 17, Griffons Stedelik 20 – Luiperds 19, Leeus 23 – Valke (A) 8 en Blou Bulle (A) 55 – Pumas Stedelik 0.

Uitslae van die finale dag was:

Limpopo Blou Bulle 17, Luiperds 17, Griffons Platteland 22 – Griekwas Stedelik 13, Griekwas Platteland 14 – Valke B 12, Blou Bulle (B) 27 – Pumas Stedelik 0, Valke (A) 17 – Griffons Stedelik 13 en Blou Bulle (A) 42 – Leeus 8.
Na die afloop van die week en in die finale wedstryd het Blou Bulle (A) en die Leeus teen mekaar in die finale wedstryd gespeel.

Die Blou Bulle het een beter gegaan as 2022 en is die jaar as die nie-amptelike kampioene aangewys.

Blou Bulle (B) op die aanval teen Griekwas.
Valke (B) op die aanval teen Griekwas.
Valke (B) teen Griekwas aksie.
Die Leeus druk ‘n drie teen die Valke.
Limpopo Bulle teen Griffons aksie.
Die Luiperde op die aanval teen Limpopo Bulle.
Griekwas teen Blou Bulle (B) aksie.
Die Leeus voor hulle wedstryd teen die Valke (A).
Die Valke druk ‘n drie.
Aksie tussen die Leeus en die Blou Bulle.
Die Luiperde duik oor vir ‘n drie. Aksie tussen die Pumas en Blou Bulle (B).
Limpopo Bulle op die aanval.
Die Valke is op die aanval teen die Griffons.
Doe Blou Bulle is op die aanval teen die Leeus.
Griekwas teen Blou Bulle (B) aksie.
Die Luiperde duik oor vir ‘n drie.
Griekwas teen Blou Bulle (B) aksie.
Limpopo Bulle teen Griffons aksie.
Griffons duik vir hulle drie.
Valke (A) voor hulle wedstryd teen die Leeus.
Valke (B) teen Griekwas aksie.
Exit mobile version