Sport

Berge teken ‘n naelskraapse oorwinning aan

Berge verstewig hul houvas op die liga.

Heidelberg het Saterdag in ‘n weg wedstryd teen Delmas te staan gekom en die wedstryd met 22-21 gewen.

Die rugby wedstryd was deel van die Kestrel Liga gewees met Heidelberg eerste op die punteleer en Delmas derde.

Heidelberg se wen het hul stand bo-aan die punteleer verstewig.

In die eerste helfte was dit Heidelberg wat al die speelwerk gedoen het en teen rustyd met 22-7 voorgeloop.

Met die tweede helfte het Delmas die speelwerk gedoen en die krane begin oopgedraai.

Met ‘n sug van verligting toe die eindfluitjie blaas het Heidelberg met ‘n naelskraapse oorwinning van die veld gestap.

Heidelberg se punte is as volg aangeteken:

Drieë: Brennan Ryan, Franco Strydom en Duncan van Zyl. Roaan Viljoen het een drie verdoel.

Heidelberg speel op 1 Julie teen Tembisa op Tembisa se veld.

Related Articles

Back to top button