Nigel terug na tekenbord na nederlaag

Nigel val vas teen Meyerton.

Nigel Rugbyklub het op 8 Junie teen Meyerton Knights in die Merlin Liga kragte gemeet.

Nigel het teen ‘n begeesterde Meyerton te staan gekom wat hulle vorige nederlaag wou wreek.

Meyerton het die wedstryd 34-22 gewen.

Hierdie was die tweede nederlaag wat Nigel die jaar gelei het.

Nigel se punte was as volg aangeteken deur: drieë: Juandre van Dyk, PJ de Beer and Freedom Ngubeni.
Die res van die punte is met die skopskoen behaal.

Junaide Seedat het twee drieë was verdoel asook ‘n strafdoel deur die pale geskop.

Nigel se tweede span het Meyerton se tweedes 22-7 kafgedraf.

Nigel se tweede span puntemakers was drieë: Thulani Plaatjies, Ruan Nell en Tendai Magwai.

Ruan Nell het drie doelskoppe deur die pale geskop en Thulani Plaatjies was as speler van die wedstryd aangewys.

Nigel se volgende wedstryd is op 24 Junie teen Kempton Wolwe op die John Vorster Stadion in Nigel.

Nigel rank hoog in die lynstaan. Foto: Charlize Lourens, Sideline Shots Photography
Exit mobile version