Sport

Volkskool vaar goed in NWU-reeks

Volkies verower drie medaljes tydens die NWU-Uitdaagreeks.

Die Hoër Volkskool het goed gevaar in die NWU-Uitdaagreeks.

In rugby het Volkskool drie medaljes ontvang.

Die derde en o15A spanne het elk ‘n silwer medalje losgespeel en die eerste span het ‘n brons medalje verower.
Die o15B span het naelskraap hulle brons medalje gemis en moes met ‘n vierde plek tevrede wees.

In netbal het die o15A vierde geëindig en die o17A span was vyfde geplaas.

Volkskool se o15A rugbyspan verower ‘n silwer medalje.

Die finale uitslae is soos volg:

• Hokkie

Seuns junior wen Wesvalia 2-0 (eindig algeheel 13de).

Eerste span seuns span verloor 0-1 teen Oosterlig (eindig algeheel 14de).

Dogters: o14B wen 2-0 teen Die Anker (eindig algeheel 11de), o14A wen 1-0 teen Oos-Moot (eindig algeheel 15de), o15A verloor 0-1 teen Wesvalia (eindig algeheel 16de), o16A verloor 0-2 teen Wesvalia (eindig algeheel 14de), tweede span wen 3-0 teen Marais Viljoen (eindig algeheel negende) en die eerste span speel gelykop teen Oos-Moot 0-0 (eindig algeheel 11de).

• Rugby

o14A verloor 5-26 teen Potch Volkies (eindig algeheel 12de), o14B wen 47-0 teen Oosterlig (eindig algeheel 15de), o15A verloor 19-0 teen Noordheuwel (eindig algeheel tweede), o15B verloor teen Noordheuwel (eindig algeheel vierde), o16A verloor 7-17 teen Hugenote (eindig algeheel agtste), o16B wen 24-5 teen Oosterlig (eindig algeheel 13de), derde span verloor 36-0 teen Noordheuwel (eindig algeheel tweede), tweede span verloor 7-24 teen Oos-Moot (eindig algeheel agtste), eerste span wen 13-11 teen Middelburg (eindig algeheel derde).

• Netbal

o14B wen 14-12 teen Oos-Moot (eindig algeheel vyfde), o14A wen Oosterlig 17-12 (eindig algeheel 13de), o15B wen Oosterlig 33-10 (eindig algeheel 11de), o15A verloor teen Oosterlig 18-19 (eindig algeheel vierde), o16B wen Lichtenburg 24-6 (eindig algeheel negende), o16A wen Middelburg 30-17 (eindig algeheel negende), o17A wen Potch Gimnasium 14-9 (eindig algeheel vyfde).

Volkskool se eerste rugbyspan het ‘n brons medalje verower.

Die derde, tweede en eerste spanne se wedstryde het uitgereën.

In landloop het die seuns sesde geëindig en die senior seuns- en dogters onderskeidelik sewende.

Related Articles

 
Back to top button