Nigel bobaas teen Elsburg

Nigel is steeds onoorwonne in 2023

Nigel Rugbyklub het op 6 Mei in die Merlin Liga teen Elsburg op die John Vorster Stadion in Nigel te staan gekom.

Nigel se eerste span het hulle kragmeting maklik met 48-5 gewen.

Nigel se punte is as volg aangeteken:

Drieë: Thunis Fourie (2), Khomotso Mokwele (1), Martin Du Plessis (1), Juandre van Dyk (1), Jarico van Niekerk (1), Wimpie Raman (1) en Junaide Seedat (1). Doelskoppe: Junaide Seedat (2) en Nico Colyn (2).

Speler van die wedstryd: Nico Colyn

Nigel se tweede span het in hulle beurt het Elsburg se tweedes 33 – 8 afgeransel.

Die tweede span se puntemakers was: Drieë: Hendri Venter (2), PJ de Beer (1), Ruan Nell (1) en Pheko Mmola (1). Doelskoppe: Simphiwe Jange (4).

Speler van die wedstryd: Ruan Nell.

Junaide Seedat skop pale toe.
Thunis Fourie hardloop met die bal.
Exit mobile version