Sport

Heidelberg gee Delmas ‘n rugbyles

Berge beleef 'n goeie dag op die veld.

Heidelberg Rugbyklub het gasheer gespeel vir Delmas in die Kestrel Beker ligawedstryd by Hoër Volkskool op 22 April.

Die wedstryd was tussen die twee top spanne in die liga tot dusvêr. Beide spanne was tot voor Saterdag se wedstryd onoorwonne.

Heidelberg het die wedstryd op ‘n drafstap 45–7 gewen.

In die proses het Heidelberg sewe drieë gedruk waarvan vyf drieë vervyf was.

Lynstaanspel tussen Delmas en Heidelberg.

Die eerste helfte het Delmas geen antwoord op Heidelberg se aanval en verdediging gehad nie. Berge het vier drieë gedruk waarvan twee verdoel was. Delmas kon in die eerste helfte geen punte aanteken nie.

Teen halftyd het Heidelberg 24–0 voorgeloop.

In die tweede helfte het beide spanne moedig probeer om die ander span se doellyn oor te steek.
In die eerste 20 minute was daar geen ander punte aangeteken nie. Net doelvaste verdediging van al twee die spanne.

Jason van Jaarsveld word vas gevat deur Delmas se spelers.

Net daarna het Delmas hul enigste drie gedruk wat oor geskop was.

Heidelberg het daarna weer in vyfe rat begin speel en nog drie drieë gedruk waarvan al drie verdoel was.
Die skrums was nie altyd na wense gewees nie en die skeidsregter moes verskeie skrums heropstel sodat die wedstryd kon vloei.

Armand Wessels oppad doellyn toe vir een van sy drie dreë.

Wat wel opvallend was, is hoe Berge as ‘n eenheid saamgespeel het en baie min duikslae gemis het.

Die puntemakers vir Heidelberg was as volg:

Drieë: Brennan Ryan (1), Armand Wessels (3), Juanrich Dercksen (1), Roaan Viljoen (1), Franco Strydom (1).
Doelskoppe: Jason van Jaarsveld (2) en Roaan Viljoen (3).

Roaan Viljoen druk een van Heidelberg se drieë.

Speler van die wedstryd: Ryno Lategan

Daar was altesaam 19 skrums, 30 lynstane in die wedstryd gewees. Delmas het een skrum en een lynstaan verloor en Heidelberg het twee lynstane verloor.

Heidelberg het 13 strafskoppe afgestaan en Delmas was 17 keer gestraf gewees.

Skrum tussen Heidelberg en Delmas.

Daar was geen geel of rooi kaarte in die wedstryd uitgereik nie.

Heidelberg se volgende wedstryd is 6 Mei teen Tembisa by Tembisa.

Related Articles

Back to top button