Sport

Nigel Rugby stoomroller Meyerton Knights

Nigel laat hardlooprugby seëvier.

Meyerton Knights het op 15 April teen Nigel Rugbyklub op die John Vorster Stadion in Nigel in die Merlinliga gespeel.

Nigel, wat die wedstryd 55–7 gewen het, was op die telbord en op die veld veels te sterk vir Meyerton gewees.

Die span het as gevolg van hulle skrums Meyerton laat klippe kou. Nigel kon met vele balbesit goeie hardlooprugby opdis.

Nigel se tweede span op die aanval teen Meyerton Knights.

Nigel het van meet af die spel gedikteer en met goeie voorspelerspel en dryfbewegings die platform geskep vir die agterlyn om aan te val en hardloop rugby te speel.

Die tuisspan het in die eerste helfte vyf drieë gedruk, drie vervyfskoppe asook een strafskop oorgeskop sonder dat Meyerton die doellyn kon oorgesteek.

Theo Barrett druk die eerste drie in die tweede span wedstryd.

Meyerton het geen punte in die eerste helfte aangeteken nie.

In die tweede helfte was Nigel ’n ietwat stiller, maar het nog steeds drie drieë gedruk en drie vervyfskoppe deur die pale gejaag.

Meyerton het een drie gedruk wat vervyf was.

Nigel se eerste span besig met hul spanpraatjie.

Drieë was gedruk deur Adriaan van Taak (1), Fikkie Jansen (1), Sean Sifiso (1), Craig Pienaar (1), Wimpie Raman (2), Junaide Seedat (1) en Simpiwe Jange (1). Junaide Seedat het een strafkop en ses driee verdoel.

Die man van die wedstryd was John Holmner en Marcelle Viljoen.

Daar was 29 skrums in die wedstryd gewees, waar elke span een keer die bal op die teenstander se ingooi bemeester het. In die wedstryd was daar ook 24 lynstane gewees. Meyerton het twee lynstane verloor teenoor Nigel se vier.

Junaide Seedat op die aanval.

Verder het Nigel nege strafskoppe afgestaan teenoor Meyerton se dertien. Daar was geen ongeoorloofde spel in die wedstryd nie.

Nigel se tweede span het ook in hulle wedstryd gewys hoe om rugby te speel en was vanaf die begin lus vir hardlooprugby.

Die span was in alle afdelings baas gekraai en het gewys dat hulle die seisoen weer gedug gaan wees. Nigel was al halftyd reeds 26-0 voor gewees.

Pieter Grobler van die tweede span druk sy drie.

Die span het agt drieë gedruk en vier daarvan vervyf sonder dat enige punte teen hulle aangeteken was.
Nigel het 48–0 gewen.

Drieë was gedruk deur Chris Reilly (1), Simpiwe Jange (2), Wian Engelbrecht (1), Pieter Grobler (1), Theo Barret (2) en Freedom Ngubeni (1). Simpiwe Jange het ses drieë verdoel.

Simpiwe Jange maak reg om pale toe te skop in die tweede span se wedstryd.

Freedom Ngubeni was die man van die wedstryd.

Daar was altesaam 20 skrums en 15 lynstane in die wedstryd gewees. Vyftien strafskoppe was in die wedstryd toegeken, waarvan 10 strafskoppe aan Nigel toegeken was.

Nigel Rugbyklub se volgende wedstryd is 22 April teen Kemptonpark op die Barnard Stadium.

Nigel wen die bal tydens die lynstaan.

Related Articles

Back to top button