Sport

Vossie atlete blink uit by ASA Kampioenskappe

Die atlete het in hul verskeie kategorieë en items goed gevaar.

Verskeie leerders van Hoërskool John Vorster het onlangs by die ASA (Atletiek Suid-Afrika) Kampioenskappe uitgeblink.

Petri Stoltz (o17) en Elske Stander (o18) het vanaf 23 tot 25 Maart in Pietermaritzburg gaan deelneem.

Elske Stander en Petri Stoltz het die skool se naam hoog gehou.

Stoltz het ‘n tweede plek verower in hoogspring vir seuns o18, met ‘n hoogte van 2m.

Stander het ‘n sewende plek losgespring vir dogters o20.

Stoltz het weer op 5 April in die hoogspring kategorie deelgeneem en het hier vir seuns o18 ‘n eerste plek verower met ‘n hoogte van 2.05m.

Elske Stander (o18) seil oor die dwarslat. Foto: Charmaine Botes Visser.

Linél Claassens (o16) het op 30 Maart aan die ASA Kampioenskappe in Potchefstroom gaan deelneem in die vyfkamp kategorie.

Linel Claassens (o16) in aksie.

Sy het ‘n silwer medalje verower.

Sidanio Jacobs (o15) het aan die Skole Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gaan deelneem in die driesprong item, en het algeheel sewende geëindig.

Skoolhoof Jan Nienaber saam met Sidanio Jacobs.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button