Sport

Nigel en Benoni RC het slaags geraak

Nigel en Benoni speel gelykop.

Nigel Rugbyklub het op 11 Maart aan Sasol Rugbyklub se rugbydag deelgeneem.

Nigel se eerste span het teen Benoni se eerste span te staan gekom. Die eindtelling was 24 elk.

Nigel se punte was as volg aangeteken:

Drieë: Martin Du Plessis (1) en Simphiwe Jange (1). Doelskop: Junaide Seedat (1). Verdoelde strafskoppe: Junaide Seedat (4).

Nigel se tweede span het teen Benoni se tweede span te staan gekom. Nigel se tweedes het 53-12 geseëvier.
Die punte is as volg vir Nigel aangeteken.

Drieë: Morne Viljoen (1), Andile Shange (1), Wian Engelbrecht (3), Richardo Labuschagne (1) en Frans Thabethe (1). Doelskoppe: Andile Shange (3) en Hendrick van Niewenhuizen (1).

Nigel se volgende wedstryd sal op Heidelberg Rugbyklub se rugbydag op 18 Maart op Hoër Volkskool se velde beslis word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button