Sport

Middelburg te sterk vir Volkskool

Volkies se kolwers struikel.

Volkskool se eerste span het op 28 Januarie teen HTS Middelburg te staan gekom in die Finsburg krieketreeks.

Middelburg het eerste gekolf en 224 lopies aangeteken almal uit in die 48ste boulbeurt.

Volkskool in hulle beurt is almal vir 109 lopies uitgehaal in 28 boulbeurte.

Die beste kolwers van Volkskool was Johan Wentzel met 20 lopies, Anjo Swart 16 asook Gerrit Henken 16 lopies.

Die boulers wat die beste gevaar het was Mark-Wesley Drinkwater met 3/36 in nege boulbeurte, Jimmy Senekal met 2/3 in agt boulbeurte en Dave Pelzer met 2/44 in 10 boulbeurte.

Middelburg het die wedstryd met 115 lopies gewen.

Related Articles

Back to top button