Sport

Vossie atlete kry erkenning

Die atlete het trofeë ontvang vir hul prestasies op die atletiek baan.

Hoërskool John Vorster het onlangs erkenning gegee aan hul interhuis trofeë wenners.

Die skool se interhuis was op 23 Januarie gehou en die volgende atlete het trofeë ontvang:

• Lohané Aucamp (dogters o14) is as die junior dogter baanatleet aangewys.

• Linel Claasens (dogters o15) het die junior dogter veldatleet trofee ontvang en is ook as junior victrix ludorum aangewys.

• Handré Gryffenberg (seuns o15) is as die junior seuns veldatleet aangewys.

• Linden Manuel (seuns o15) het die trofee ontvang vir die junior seuns baanatleet en is ook as die junior victor ludorum aangewys.

• Petri Stoltz (seuns o16) is as die senior seuns veldatleet aangewys. Stoltz het ook die trofee vir die beste hekkiesatleet seun ontvang.

Stoltz het die beste prestasie trofee ook ontvang en is as die senior victor ludorum aangewys.

• Jolaine Aucamp (dogters o17) het die trofee vir senior dogter baanatleet ontvang.

• Suné Bekker (dogters o19) is as die senior dogter veldatleet aangewys.

• Teboho Mokhejane (seuns o19) is as die senior seuns baanatleet aangewys.

• Elske Stander (dogters o19) het die trofee vir die beste hekkiesatleet dogter ontvang.

Stander is ook as senior victrix ludorum aangewys.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button