Sport

Nigel rugby woeker reeds op die veld

Nigel Rugbyklub se eerste wedstryde vind binnekort plaas

Nigel Rugbyklub het reeds met voorbereiding en oefeninge vir die nuwe rugbyseisoen begin.

Die klub, wat in die Valke se Merlinliga speel, wil dié jaar drie spanne met ‘n moontlike vierde span vir die liga inskryf.

Dit sluit in die eerste- en tweede spanne in asook die o21-span en moontlik ook ‘n vrouespan.

Nigel se opwarmingswedstryde is op11 Februarie versus Tsakane by John Vorster Stadion in Nigel om 15:00 en 25 Februarie versus Kriel (weg wedstryd).

Oefeninge is Dinsdae en Donderdae om 19:00 by die John Vorster Stadion in Nigel.

Spelers wat belangstel om by die klub aan te sluit kan Anita Cilliers by 082 409 3603 kontak.

Nigel Rugbyklub spelers is reeds hard aan die oefen vir die seisoen wat om die draai is.

Related Articles

Back to top button