Pretorius sit sy segetog voort

Pretorius het sy geveg in 3 minute en 19 sekondes in die tweede rondte gewen.

Stefan Pretorius van Ability Academy Heidelberg het op 6 Oktober in die EFC 98 middelgewig afdeling teen Khulekani ‘Cold Steel’ Hlongwa te staan gekom.

Die geveg het by EFC Instituut in Johannesburg plaasgevind.

Pretorius het sy geveg in 3 minute en 19 sekondes in die tweede rondte gewen.

‘n Triomfanklike Stefan Pretorius.

Stefan was ook aangewys as Prestasie Bonus wenner van die aand.

Die vorige keer in 2019 toe die twee vegters teen mekaar te staan gekom het, het Pretorius in die eerste rondte geseëvier met ‘n tegniese uitklophou.

Die geveg het ‘n aanvang geneem waar beide vegters mekaar voel-voel uitgekyk het. Daar was ‘n paar houe van beide kante.

Na sowat drie minute het Pretorius vir Hlongwa op die kruit se vloer gekry, en die oorhand begin kry.

Die einde van die rondte het aangebreek en Pretorius was die sterker vegter.

In die tweede rondte het Pretorius vir Hlongwa met ‘n paar vuishoue en skoppe laat steier totdat Hlongwa ook een of twee houe ingekry het.

Pretorius het Hlongwa weer op die vloer gekry en sy arm vasgepen met sy sterk bene.

Hlongwa kon nie uit die greep weg kom nie, en het die stryd gewonne gegee.

Exit mobile version