Volkielandloop atlete hardloop dat die stof so staan

Adriaan Coetzee gaan aan die SA Landloop Kampioenskappe, wat later die jaar in die Kaap gaan plaasvind, deelneem.

Laer Volkskool het twee langasems wat hulle hakskene onlangs behoorlik vir die ander atlete gewys het.

Op 3 September het Volkie se landloopatlete aan die Gauteng Landloop Kampioenskappe deelgeneem.

Adriaan Coetzee het tweede oor die wenstreep gehardloop en Christiaan Lewis het derde klaargemaak.

Christiaan Lewis (o9) landloop atleet.

Ander Volkie atlete wat goeie plekke behaal het is Natalie Bolton 35ste, Leonardo Britz 49ste, Stefan Swanepoel 54ste, Ruben de Klerk 54ste en Phillip Swanepoel 56ste.

Adriaan Coetzee (o11) gaan aan die SA Landloop Kampioenskappe, wat later die jaar in die Kaap gaan plaasvind, deelneem.

Exit mobile version