Valke se Platteland span aangewys

Die afrigter, Hansie van Wyk is ook as hoof afrigter van die span aangewys.

Twaalf spelers van die Nigel Rugby Klub is in die Valke Plattelandse span ingesluit.

Reginald Thabethe, Mandla Plumstead, Griag de Paiva, Ockert Grobler, TT Khomotso Makuele, Marcelle Viljoen, RobertBotes, Juandre van Dyk, Jarico van Niekerk, Junaide Seedat, PierreLabuschgane en Ettienne Booysen is gekies.

Die afrigter Hansie van Wyk is ook as hoofafrigter van die span aangewys.

Die wedstryde begin op 10 September teen die Pumas Platteland in Hazyview.

Die daaropeenvolgende wedstryde is teen die Luiperd Plattelandse span op 17 September in Potchefstroom en die laaste wedstryd teen die Leeus op 1 Oktober by die Bosman Stadium in Brakpan.

Exit mobile version