Volkie spanne deur na Noord-Vaal finale

Laaste hekkie vir twee Volkie spanne.

Die twee rugbyspanne van die Hoër Volkskool, wat in die halfeindrondte van die Noord Vaal liga kragte gemeet het, het die skool se naam hoog gehou.

Die o14A span het eerste op die veld gedraf, waar hulle teen Hoërskool Klerksdorp te staan gekom het. Dit was duidelik dat hulle met ‘n doel voor oë gespeel het en die een drie is na die ander ingeryg.

O14 rugby semi-finaal aksie op Volkskool se velde.

Die eindtelling was Volkskool 55 – Klerksdorp 5.

Daarna het die o15A span hulle beurt gehad. Dié span het teen Hoërskool Eldoraigne te staan gekom en het met 8-5 gewen.

Die o14A span speel die komende naweek in die Noord Vaal finale.

Die wedstryd was deurentyd ‘n baie taai wedstryd gewees, met Volkskool wat met 5-0 teen halftyd voorgeloop het.

Aanskoulike rugby was aan die orde van die dag tydens die semi-finale wedstryde.

Die skaal kon ter enige tyd na enige kant toe geswaai het, maar Volkskool het volhard.

Die finale wedstryde vind die eerskomende naweek op Klerksdorp Hoërskool se velde plaas.

Spelers van al die spanne het hul beste na die veld gebring tydens die semi-finaal op Volkskool se velde.

Die o14 span gaan teen Hoërskool Jeugland kragte meet en die o15 span gaan teen Hoërskool Lichtenburg te staan kom.

Volkskool se o15A span wat deur is na die Noord Vaal finale.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version