Sport

Gemengde uitslae vir Volkies

Twee Volkskool spanne dring deur na die uitspeelwedstryde.

Hoër Volkskool se rugbyspanne het op 13 Augustus hul laaste ligawedstryde gespeel.

Die wedstryde is op Hoërskool Eldoraigne se velde gespeel.

Die uitslae is: o14A Volkskool 62 – Eldoraigne 0, o14BVolkskool 12 – Eldoraigne 36.

o15A Volkskool 14 – Eldoraigne 8, o15B Volkskool 0 – Eldoraigne 59.

o16A Volkskool 3 – Eldoraigne 14, o16B Volkskool 0 – Eldoraigne 12.

Tweede span gelykop 17-17.

Eerste span Volkskool 24 – Eldoraigne 23.

Die o14A-span en o15A-span dring deur na die semi-finale. Die o14As sal teen Klerksdorp te staan kom en o15A speel weer teen Eldoraigne op Volkskool se velde.

Volkskool se o14A-rugbyspan.

Related Articles

Back to top button