Sport

Plaaslike MMA vegter is goud werd

ADCC goud vir Sebastian Ferreira.

‘n MMA vegter van Heidelberg, Sebastian Ferreira (16) van Ability Academy het op 14 Augustus aan die ADCC Suid-Afrikaanse Ope Jiu Jitsu toernooi deelgeneem.

Die toernooi het by die Old Mutual Sportsaal, Wits Universiteit in Johannesburg plaasgevind.

Ferreira het aan die seuns 15-17 jaar ouderdomsklas deelgeneem.

Met sterk opposisie het Ferreira Heidelberg se naam hoog gehou en gewys wat in hom steek.

Hy is na afloop van die toernooi aangewys as die wenner van sy ouderdomsgroep.

Die tweede en derde plekke het onderskeidelik aan twee Bedfordview deelnemers behoort, Levon Gyulinyan tweede en Kian Jory met ‘n derde plek.

Related Articles

Back to top button