Sport

Nigel wen Merlin-reeks

Geen Keer aan Nigel se blou masjien nie.

Nigel Rugbyklub se eerste span het Saterdag die Merlin Beker omhoog gehou nadat die span met Sasolburg in die finaal van die reeks afgereken het.

Nigel het met 37-21 geseëvier.

Sasolburg het baie goed begin en was vining met 10–0 voor gewees.

Sasolburg se eerste punte was ’n strafskop gewees en in die twaalfde minuut het hulle ook agter Nigel se doellyn gaan kuier met die vervyfskop wat oor was.

Daarna het Nigel met mening ingeklim en eers ’n strafskop oor die pale geskop waarna hulle in die 15de minuut ’n drie gedruk het. Die doelskop was mis gewees.

Sasolburg het met verdere twee strafskoppe geslaag voordat Nigel twee keer Sasolburg se doellyn oorgesteek het. Beide die doelskoppe was mis gewees.

Nigel het teen halftyd met 18–16 voorgeloop.

In die tweede helfte was albei spanne se verdedig rotsvas gewees en Nigel en Sasol kon elk net een verdere drie aanteken.

Die verskil in die tweede helfte was dat Junaide Seedat se skopskoen wit warm was en het die skaal in Nigel se rigting geswaai.

Seedat het Nigel se drie verdoel asook vier strafskoppe oor geskop.

Dit was duidelik in die wedstryd dat die senuwees geknaag het. Daar was menige aanslane aan beide kante, wat in skrums ontstaan het. Daar was 30 skrums en 20 lynstane in die wedstryd gewees.

Strafskoppe het ook gevloei met Sasolburg wat 15 strafskoppe afgestaan en Nigel 17. In die eerste helfte het Nigel sewe strafskoppe afgestaan teenoor Sasolburg se ses.

In die tweede helfte was daar agt strafskoppe teen Sasolburg 11 teen Nigel.

Elke span het twee geelkaarte in die wedstryd vir ongeoorloofde spel gekry.

Puntemakers van Nigel:

Drieë: Khomotso Makuele, Jarico van Niekerk, John Holmner en Pierre Labuschagne.

Vervyfskop: Junaide Seedat (1). Seedat het ook vyf strafskoppe deur die pale geskop.

Speler van die wedstryd: Pierre Labuschagne.

Twee spelers het ook mylpale in die wedstryd behaal.

Mohammed Lottering het vir die 150ste keer vir Nigel uitgedraf en Jarico van Niekerk het 100 wedstryde vir Nigel gespeel.

Afrigter Hansie van Wyk is as hoofafrigter aangewys vir die Valke Platteland span wat gaan kompeteer teen verskeie ander Unies se Plattelandse spanne.

In die Merlin Beker-reeks is dit derde keer in die afgelope vyf jaar dat Nigel triomfantlik was.

Die twee jaar waar hulle naam nie op die beker is nie is die Covid-19 twee jaar waar daar geen wedstryde gespeel was nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button