Sport

Volkie o17-netbalspan is SA kampioene

Volkskool se o17 netbal draf al die spanne kaf en is SA se beste.

Hoër Volkskool se o17-netbalspan is as SA se beste o17-span gekroon.

Hierdie gedugte span het deur die jaar nie een wedstryd verloor nie.

Die span bestaan uit Leandri Viljoen, Tristen Kruger, Danél de Wet, Madeli Grobler, Meceila Brits, Zene van der Merwe, Abby can As, Simoné Moll en afrigter Mariska Strassburg.

Gedurende die uitspeelwedstryde, wat die naweek van 6 en 7 Augustus by Hoërskool EG Jansen plaasgevind het, was daar weer geen keer aan die Volkies nie.

Spanne van regoor Suid Afrika het aan die finale rondtes deelgeneem.

Die uitslae was soos volg: Volkskool 29 -Kgapadi 4, Volkskool 23 – Spandau 7, Volkskool 20 – Petersburg 7, Volkskool 16 – Rustenburg 7.

In die uitklop wedstryd troef hulle Helpmekaar 23 – 9.

In die kwartfinaal het hulle teen Durbanville te staan gekom. Telling: Volkskool 15 – Durbanville 7.

In die semi-finaal wen hulle Eldoraigne met ‘n telling van 15 – 14.

In die laaste hekkie vir SA glorie het Volkskool in die finaal teen Menlopark te staan gekom.

Die eindtelling was Volkskool 22 – Menlopark 16.

Die Volkskool se o17-netbalspan nadat hulle as kampioene gekroon was.

Related Articles

Back to top button