Sport

Nigel Rugby deur na Merlin Liga eindstryd

Die eindstryd sal die eerskomende naweek tussen Nigel en Sasolburg op John Vorster Stadion gespeel word.

Nigel Rugbyklub was op 6 Augustus gasheer vir Kempton Park in die halfeindstryd van die Merlin Beker.
Nigel het met 38–20 gewen.

Kempton Park het vining toegeslaan en die eerste drie, wat ook verdoel was, was al in die eerste vyf minute van die wedstryd gedruk.

Daarna het Kempton weer vinnig agter Nigel se pale gekuier.

Dít het Nigel oorgehaal om met oorgawe te begin speel. Nigel het twee drieë gaan druk, wat albei verdoel was.
Kempton Park het ‘n verdere skepskop en strafskop deur die pale gejaag.

Junaid Seedat skop pale toe.

Kempton het met 20-14 teen halftyd voorgeloop.

In die tweede helfte was dit ‘n heel ander storie. Nigel het nog drie drieë gedruk waarvan een vervyf was. ‘n Strafdrie is ook aan hulle toegeken.

Kempton Park kon in die tweede helfte nie enige verdere punte aanteken nie.

Daar was altesaam 33 strafskoppe waarvan Nigel 18 strafskoppe afgestaan het en 15 aan hulle toegeken was. Daar was 16 skrums en 26 lynstane in die wedstryd gewees.

Nigel op die aanval in hulle wedstryd teen Kempton Park.

Daar was ook twee geelkaarte gewees waarvan elke span elkeen een ontvang het.

Marcelle Viljoen, Dean Wiehann, Jonty Shelton (2) en Junaide Seedat het vir Nigel gedruk. ‘n Stradrie is ook toegeken. Junaide Seedat het drie van die vyf drieë verdoel.

Jonty Shelton en Jarico van Niekerk was die spelers van die wedstryd.

Die eindstryd word die komende Saterdag tussen Nigel en Sasolburg op John Vorster Stadion in Nigel beslis.

Nigel se span praat met mekaar voor die wedstryd.

Related Articles

Back to top button