Suikerbosrand Jeug Rugbyklub skop af

Seuns sowel as meisies kan by die klub aansluit.

Die Suikerbosrand Jeug Rugbyklub is hard aan die oefen en het ook met wedstryde begin.

Die rugbyklub beskik oor verskeie ouderdomsgroep spanne wat die o6, o9, o10, o11, o13, o14 en o16-spanne insluit.

Oefening vir die o6 tot o13-spanne vind op Dinsdae en Donderdae vanaf 17:30 tot 18:30 plaas.

Die o14-span oefen Maandae en Woensdae vanaf 17:30 tot 18:30 by die John Vorster Stadion in Nigel.

Die o16-spanne sal begin oefen sodra die Verseker Beker afgehandel is.

Alle wedstryde vind op Saterdae plaas.

Die klub bied ook op 3 September hulle jaarlikse klubdag op Hoërskool John Voster se sportgronde aan.

Op dié dag sal daar altesaam nege jeugklubs teen mekaar kragte meet.

Om by die klub in te skakel of meer inligting te bekom, kan Kydia Smal by 061 710 2320 of Johan Deyzel (voorsitter) by 066 293 2075 gekontak word.

Die klub is nie net vir seuns nie maar ook vir meisies wat wil rugby speel.

Spanne van die klub het op 30 Julie aan ‘n rugbydag in Springs deelgeneem.

Suikerbosrand Jeug Rugbyklub hardloop met die bal.

Die uitslae is soos volg:

• o6: Suikerbosrand 4 – Boksburg 10, Suikerbosrand 0 – Springs 15

• o 9: Suikerbosand 10 – Kempton 27, Suikerbosrand 0 – NWU 35

• o10 Suikerbosrand: 12 – NWU 7

• o11 Suikerbosrand: 7 – Boksburg 5

• o13 Suikerbosrand: 0 – Springs 33, Suikerbosrand 34 – Edenvale 5

Exit mobile version