Nigel Rugbyklub behou momentum

Die Merlin Liga is binne Nigel se bereik.

Nigel Rugbyklub het op 16 Julie gasheer gespeel vir Meyerton in die Merlin Liga by die John Vorster Stadion.
Die wedstryd het 24–24 geëindig.

Nigel se eerste span het ‘n taai wedstryd gehad om hulle eerste plek op die Merlin liga te versterk.

Altwee die spanne wou bo aan die punte leer wees en dit was ‘n duidelike kenmerk van die wedstryd.

Meyerton het in die vyfde minuut agter Nigel se doellyn gaan kuier. Die drie was vervyf.

Daarna kon die volgende punte eers weer in die 32ste minuut aangeteken word.

Nigel se tweedespan hardloop met die bal.

Die keer het Nigel die punte aangeteken met ‘n drie wat vervyf was. Meyerton het vinnig teruggeslaan met ‘n drie.
Teen halftyd het Meyerton met 12-7 voorgeloop.

In die tweede helfte het Nigel vining agter Meyerton se doellyn gekuier. Daarna het Nigel nog ‘n drie gedruk terwyl ‘n strafskop oorgeskop is.

Meyerton het twee keer agter Nigel se doellyn gaan kuier. Een drie was vervyf.

Nigel se skrums was egter veels te sterk vir Meyerton waar Meyerton bobaas in die lynstane was.

Nigel se punte makers was soos volg:

Nigel se eerste span op die aanval.

Drieë: Ettiene Booysen (1), John Holmner (1) en Pierre Labuschagne (1). Doelskoppe Junaide Seedat (3) asook ‘n strafskop.

Man van die wedstryd was Grigorios De Paiva.

Nigel se tweede span het harde klippe gekou, alhoewel hulle met 24–3 gewen het.

Halftyd was die telling 12–3 vir Nigel wat twee drieë gedruk het.

In die tweede helfte het Nigel ‘n verdere twee drieë gedruk waarvan een verdoel was.

Punte vir Nigel:

Nigel se eerste span rank hoog in die lynstaan.

Drieë: Thunis Fourie (1), Louis Barnard (2) en Ruan Nell (1). Doelskoppe: Ruan Nell (2)

Man van die wedstryd was Richardo Labuschagne

Nigel speel hulle volgende wedstryd op 23 Julie teen VUT.

Exit mobile version