Berge het nog ‘n wen in die sak

Kestrel Liga kroon wink vir Heidelberg.

Heidelberg Rugbyklub se eerste span het op 16 Julie teen Tsakane te staan gekom in ‘n halfeindwedstryd in die Kestrel Liga op Hoër Volkskool se rugbyvelde.

Heidelberg het 56-10 gewen.

Heidelberg was veels te sterk vir Tsakane en het maklik met hul teenstanders afgereken.

Heidelberg se agterlyn was uitstekend tydens die wedstryd. Foto verskaf.

Heidelberg was bobaas in al die afdelings en het die wedstryd heeltemal oorheers – van die skrums, lynstane, voorspelerspel to die agterspelers se vernuf.

Die halftyd telling was 32-10. Na halftyd het die proses hom herhaal en het Tsakane het geen antwoord op Heidelberg se goeie spel gehad nie.

Puntemakers vir Heidelberg:

Heidelberg en Tsakane sak in ‘n vaste skrum. Foto verskaf.

Drieë: Johan Ross, Jason van Jaarsveld (2), Armand Wessels (2), Christiaan Pieters en Brennan Ryan. Roaan Viljoen het vier drieë verdoel en het met drie strafskoppe geslaag. Christiaan Pieters was met twee doelskoppe suksesvol
Roaan Viljoen het sy 50ste verskyning vir Heidelberg geniet en James Atterbury en PJ du Toit hulle vir hul 100ste wedstryd uitgedraf.

Die ander halfeind wedstryd was tussen Vanderbijlpark en Delmas. Vanderbijlpark het 14-13 gewen.

Die eindstryd tussen Heidelberg en Vanderbijlpark sal op 23 Julie plaasvind by Hoër Volkskool se rugbyveld.
Die wedstryd skop om 16:00 af.

Exit mobile version