Doom Gouws Rugby lewer puik spel

Hope talent by die Doom Gouws Rugbyweek.

Die Noordvaal Doom Gouws Rugbyweek het vanjaar op die dorp se voorstoep plaasgevind.

Die wedstryde het 30 Junie, 1 en 2 Julie plaasgevind. Valke Rugby Unie het die week aangebied en Hoër Volkskool was die gasheer.

Daar was altesaam 14 provinsiale o16 spanne wat aan die week deelgeneem het.

Valke Oos hardloop met die bal teen Pumas Stedelik.

Die uitaslae is soos volg:

• Dag 1: Blou Bulle B 55 – Pumas Platteland 21, Luiperde 19 – Griffons Platteland 17, Blou Bulle A 45 – Limpopo Bulle 7, Gauteng Leeus 17 – Griffons Stedelik 16, Valke Oos 19 – Pumas Stedelik 4, Vrystaat Cheetahs 60 – Griekwas Wes 17 en Valke Suid 27 – Noord Natal 0.

Vrystaat Cheetahs en Die Blou Bulle in aksie.

• Dag 2: Griffons Platteland 22 – Limpopo Bulle 7, Valke Suid 35 – Griekwas Wes 17, Valke Oos 17 – Griffons Stedelik 17, Luiperde 21 – Blou Bulle B 24, Pumas Platteland 17 – Noord Natal 18, Blou Bulle A 16 – Pumas Stedelik 6 en Vrystaat Cheetahs 16 – Gauteng Leeus 0.

Lynstaanspel tussen die Blou Bulle en Limpopo Bulle.

• Dag 3: Valke Suid 14 – Griffons Platteland 12, Griekwas 19 – Noord Natal 12, Limpopo Bulle 33 – Pumas Platteland 14, Bloue Bulle B 16 – Griffons Stedelik 24, Valke Oos 24 – Luiperde 0, Gauteng Leeus 26 – Pumas Stedelik 24 en die finale en hoofwedstryd Vrystaat Cheetahs 32 – Blou Bulle A 14.

Die Vrystaat Cheetahs gooi hulle hande in die lug nadat hulle die finale wedstryd gewen het.

Na die afloop van die week was die Vrystaat Cheetahs gekroon as die 2022 Doom Gouws onoffisiële kampioene.
Gekyk na die talent, is daar menige spelers wat in die jare wat voorlê hulle stem dik gaan maak in die Suid-Afrikaanse rugbykringe.

Exit mobile version