Sport

Berge behou momentum

Berge verstewig hulle posisie op die Kestrel punteleer.

Heidelberg Rugbyklub het op 3 Julie gasheer gespeel teen Tsakane Rugbyklub op Hoër Volkskool se rugbyveld.

Dit was hulle tweede laaste wedstryd in die Kestrel Liga voor die uitspeelwedstryde begin.

Heidelberg lê heel bo aan in die Kestrel Liga se punteleer.

Die wedstryd was van meet af baie taai gewees en nie een van die twee spanne wou aan die begin bes gee nie.
Die lakwerk en skrums het nie een van die twee spanne vir mekaar terug gestaan nie.

Heidelberg skop die bal af in die wedstryd teen Tsakane

Die eerste punte van die wedstryd was in die 26ste minuut aangeteken toe Tsakane ‘n gaping gekry het en ‘n drie gaan druk het wat verdoel was.

Dit het die vuur onder Heidelberg wakker gemaak en hulle het toe met oorgawe begin speel.

Berge het direk terug geslaan met ‘n drie wat verdoel was asook ‘n strafskop wat deur die pale gejaag was.
Halftyd telling Heidelberg 10 – Tsakane 7.

Heidelberg en Tsakane spook om besit van die bal.

In die tweede helfte het Heidelberg met meer spoed gespeel en drie verdere drieë gedruk wat almal verdoel was en ook met ‘n strafskop geslaag het.

Tsakane het geantwoord met twee drieë van hulle eie wat albei verdoel was.

Heidelberg se punte is soos volg aangeteken deur: Drieë : Brennan Ryan, Nathan Richards, Johan de Ru en Jason van Jaarsveld. Vier doelskoppe asook twee strafdoele deur Roaan Viljoen

Die eindtelling: Heidelberg 34 – Tsakane 21.

Heidelberg skop die bal af in die wedstryd teen Tsakane

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button