Sport

Nigel Rugby voer die botoon

Nigel rugby staan sterk in die Merlin Liga.

Die rugbyspanne van Nigel het die Kempton Wolwe Saterdag gepak op die velde van Hoërskool John Vorster.

Nigel se eerste span het hul wedstryd oortuigend met 63–12 gewen.

Dit was duidelik dat Nigel besigheid eerste gestel het, en was vasbeslote om Kempton se sterte vas te knoop.

Dit het alles in die enjnkamer begin waar Nigel se skrum veels te sterk was en vining die oorhand gekry het.

Junaide Seedat was baie akkuraat met sy skopwerk en was ook die man van die wedstryd.

Die agterlyn het verseker nie terug gestaan nie en elke oomblik wat hulle die bal gekry het was hulle gevaarlik.

Daar was altesaam 11 drieë in die wedstryd gedruk waarvan Nigel nege gedruk het.

Verder was daar 24 skrums en 22 lynstane in die wedstryd gewees. Daar was ook 30 strafskoppe in die wedstryd gewees waarvan Nigel 17 afgestaan het en Kempton 13.

Een geelkaart is ook uitgedeel.

Voor die wedstryd begin het was Nigel tweede op die Merlin liga punteleer. Meyerton is bo aan.

Lynstaan aksie tussen Nigel en Kempton Park.

Nigel se puntemakers was (driee) Juandre van Dyk, Marcelle Viljoen, Jonty Shelton, Pierre Labuschagne, Jarico van Niekerk (2), Junaide Seedat (2) asook ‘n strafdrie. Junaide Seedat verdoel agt doelskoppe en was ook die man van die wedstryd.

Nigel se tweede span het hul wedstryd met ‘n telling van 30–19 gewen. Die puntemakers was (drieë) Thunis Fourie (2), Japie Marais, Christo de Beer, Enzo Henning, en Louis Barnard.

Man van die wedstryd was Thunis Fourie.

‘n Banier ter ondersteuning van die Nigel span.

Related Articles

Back to top button