Sport

Doom Gouws Rugby Week vind in Heidelberg plaas

Groot Rugby by Volkskool se velde.

Heidelberg gaan ’n miernes van bedrywighede wees met talle provinsiale skole rugbyspanne wat van 28 Junie tot 2 Julie op Volkskool se veld in aksie sal wees.

Die Doom Gouws Rugby Week is ‘n o16 rugbytoernooi waartydens provinsiale spanne mekaar die stryd gaan aansê.

Daar sal altesaam 14 spanne wees wat aan die toernooi, wat oor ‘n week strek, gaan deelneem.

Die Valke Rugby Unie bied vanjaar die toernooi aan en Hoër Volkskool sal as gasheer optree.

Die spanne wat gaan deelneem is: Blou Bulle A en B, Limpopo Blou Bulle, Pumas Platteland en Stedelik, Luiperde, Leeus, Griffons Platteland en Stedelik, Griekwas, Noord Natal en Vrystaat en Valke Suid en Valke Oos.

Daar sal ‘n formele openingseremonie gehou word in Volkskool se skoolsaal op 28 Junie wanneer die spanne arriveer.

Die wedstryde begin op 29 Junie wanneer Pumas Platteland vs Blou Bulle B om 09:00 afskop.

Die wedstrydbepalings daarna is: Luiperde vs Griffons Platteland 10:10, Bulle A vs Limpopo 11:20, Leeus vs Griffons Stedelik 12:30, Valke Oos vs Pumas Stedelik 13:40, Vrustaat vs Griekwas 14:50 en Valke Suid vs Noord Natal 16:00.

Op 30 Junie sal die spelers ‘n rusdag hê en op 1 Julie sal spel weer hervat word wanneer die volgende rondte beslis word. Die finale rondte is op 2 Julie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button