Sport

Berge klop Tsakane

Heidelberg se eerste span stoomroller voort in die liga

Heidelberg Rugbyklub het op 21 Mei teen Tsakane op die Gauteng Woman’s Rugby Institute rugbyveld in Springs gespeel.

Heidelberg het met 38–0 gewen.

Heidelberg se rugbyspan was van die begin af te sterk vir Tsakane en het in die eerste helfte vier drieë gedruk en twee drieë verdoel.

Die halftyd telling was 24–0.

In die tweede helfte het Tsakane baie beter en meer doelgerig gespeel.

Heidelberg het twee verdere drieë gedruk wat albei verdoel is, teenoor Tsakane wat nie agter die doellyn van Berge kon kuier nie.

Die wedstryd was voor die tyd gestop as gevolg van ‘n ernstige besering aan een van Tsakane se spelers.
Wat opvallend in die wedstryd was, is die hoeveelheid aanslane wat gemaak was. Die ysige koue weer het waarskynlik hiertoe bygedra.

Daar was altesaam 21 skrums, 19 lynstane, een vryskop en agt strafskoppe vir Tsakane en 16 strafskoppe aan Heidelberg toegestaan.

Heidelberg se skrums is een van hulle sterk punte tot dusver in die huidige seisoen.

Met die skrums wat so sterk is, is die agterlyn ook besig om hulle stempel op die wedstryde af te druk.

Related Articles

Back to top button