Sport

Berge stoomroller Delmas

Berge se eerstes maak hul stem dik.

Heidelberg Rugbyklub se eerste span het op 14 Mei gasheer gespeel teen Delmas se eerstes op Volkskool se rugbyveld.

Heidelberg het met 53-5 gewen.

Die Berge het van die begin af gewys dat hulle as oorwinnaar van die veld wil stap.

Die span was veels te sterk en het eerstens met hul skrum vir Delmas gewys waar Dawid die wortels gegrawe het, en toe hulle agterlyn ingespan het.

In die eerste helfde het Heidelberg vier drieë gedruk en vier vervyfskoppe asook een strafskop deur die pale gejaag.

Die halftydtelling was Heidelberg 31-Delmas 0.

In die begin van die tweede helfde het Delmas hul verdediging opgeskerp.

Berge se skrumskakel maak reg om die bal uit te gee na hulle gevaarlike agterlyn.

Berge het nog steeds met voor- en agterspelers aangeval, en was elke keer baie gevaarlik as die agterspelers met die bal begin hardloop het.

Die voor- en agterspelers van Heidelberg het baie goed saamgespeel en daar was altyd ‘n speler byderhand om die bal vorentoe te neem.

Heidelberg het in die tweede helfde drie drieë gedruk, twee drieë vervyf en ook met‘n strafskop geslaag.
Delmas het geantwoord met een drie.

Related Articles

Back to top button