Heidelberg se stoeiers staan hul man

Goeie vertonings word gelewer deur Heidelberg se stoeiers.

Oor die naweek van 23 April het Heidelberg se stoeiers aan die Ekurhuleni Ope-stoeikampioenskappe deelgeneem by die Portugese Saal in Turffontein, Alberton.

Die stoeiers wat uitstekend gevaar het was:

Luan Taylor (o-11) vyfde plek, Mason O’Neil (o-7) en Anthony Botes (o-17) met ’n vierde plek, Rassie Hanekom (o-10) tweede plek en Lodhan Venter (o-17) eerste plek.

Die afdelings waarin die stoeiers in Suid-Afrika meeding is LTDP vir die o-6 tot o-8’s. Jeug (vrystyl en Greco) o-9, o-10, o-11, o-13 en o-15. Preseidente skole vrystyl o-13. Presidente vrystyl junior o-15 tot o-20 kadette (vrystyl en Greco) o-12 tot o-15.

Exit mobile version