Sport

Arno Carstens mik vir hoër hoogtes

Plaaslike MMA ster maaak reik na groter hoogtes.

Arno Carstens (12) van Laer Volkskool is ’n skopbokser om mee rekening te hou.

Carstens is ’n lid van die Ability Academy Martial Arts in Heidelberg, met Stefan Pretorius as sy afrigter.

Op 26 Februarie het Carstens aan die mixed martial arts (MMA)-proewe vir insluiting in die Oos-Gauteng Skopboksspan deelgeneem. Met goeie vertonings het hy welslae behaal en is hy gekies vir die span.

Op 5 Maart het hy sy sport ’n stappie verder geneem en aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem, waartydens hy goud en silwer medaljes in twee verskillende gevegstyle ontvang het.

Hy is ook gekies om Gauteng te verteenwoordig tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Mosselbaai gedurende Mei.

Op 6 Maart het Carstens aan sy goeie vertonings voortgebou tydens sy deelname aan die Abudhani Brazilian Jui Jitsu toernooi waar hy ’n silwer medalje verower het.

’n Week later het hy ook aan die MMA-proewe deelgeneem waar het gekies is vir die junior Gauteng-span.

Related Articles

Back to top button