Sport

Nigel Rugbyklub te sterk vir Sasolburg

Nigel skop die liga af met 'n oorwinning.

Op die reënerige naweek van 9 April het Nigel en Sasolburg se rugbyspanne kragte gemeet by die John Vorster Stadion in Nigel in die Merlin Liga.

Nigel se tweede span het ’n weghol oorwinning van 50-7 behaal. Daar was altesaam agt drieë gedruk deur Freedom Ngumeni, Ricardo Labuschagne, Enzo Henning, Andile Shange, Kevin Mel, Francois Jacobs, Ruan Nel (2).

Enzo Henning het vyf drieë verdoel.

Nigel se eerste span het Sasolburg se eerste span met 31-21 getroef. Nigel se puntemakers was Marcelle Viljoen (2), Junaide Seedat, Jonty Shelton en Dean Ambros. Seedat het drie doele verdoel.

Die manne van die wedstryde was Khomotso Makuele en Seedat.

Nigel se volgende wedstryd is op 23 April teen Kempton Park op hulle rugbyvelde.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button