School sportSport

Balle gaan rol tydens besigheidsliga

Die jaarlikse besigheidsliga van die Heidelberg Rolbalklub skop binnekort af.

Die besigheidsliga, wat jaarliks ’n hoogtepunt op Heidelberg se rolbalkalender is, skop op 3 Maart af.

Wedstryde sal dan op die daaropvolgende Donderdae plaasvind, indien die weer dit toelaat.

Die liga, wat oor vier weke beslis word, is al vyf jaar aan die gang en word elke jaar goed ondersteun.

Tesame met die feit dat oud en jonk die spel kan speel, sien baie besighede die liga as ’n ideale spanbou-geleentheid.

Die liga word gewoonlik twee keer ’n jaar gespeel, met die eerste een wat in Maart plaasvind en die tweede een in Oktober.

Die wedstryde word op ’n rondomtalie-basis gespeel en elke aand sal daar drie spelle gespeel word.

Elke kop of spel het ’n tydfaktor waar die kop binne 40 minute moet voltooi wees.

Die Maart-kampioene van 2021 is Cubic Systems en die Oktober-kampioene is LCS se administrasiespan.

Die wedstryde word by die Heidelberg Rolbalklub in Viljoenstraat gespeel.

Om meer uit te vind oor die liga of om by die klub aan te sluit, skakel vir George Clarke by 083 474 2212.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button