Local sportSport

Groot oorwinning vir Nigel Rugbyklub

Die rugbyspelers is hard aan die oefen vir die jaar se liga.

Beide die eerste- en tweedespanne van die Nigel Rugbyklub kon hulself op die skouer klop na hul onderskeie vriendskaplike wedstryde op 8 Mei.

Die spanne het teen die Bronkhorstspruit gespeel en het albei as oorwinnaars uit die stryd getree.

Die klub se tweedespan het met ’n eindtelling van 24-0 van die veld gestap. David Slinger, Henry van Biljon en Koos Lottering het vir die drieë gesorg. Jason Koen het ook ’n drie gedruk.

Die eerstespan het met ’n eindtelling van 43-0 hul wedstryd gewen. Wimpie Raman, Cliffie Viljoen, Jarico van Niekerk en Morne Viljoen het die drieë gedruk.

Frikkie Jansen van die eerstespan was ook as speler van die wedstryd aangewys.

Op grond van die wedstryde se uitslae, meen die Nigel Rugbyklub se bestuur dat hulle reg is vir kookwater-rugby die jaar.

Die Nigel Rugbyklub het beide wedstryde teen Bronkhorstspruit gewen.

Related Articles

Back to top button