Sport

Nigel klop Heidelberg in plaaslike kragmeting

Die halftyd telling was 17-0 in die guns van Nigel.

In ’n kragmeting Saterdag tussen die Nigel en Heidelberg Rugbyklubs, het Nigel koning gekraai met 45-0.

Die wedstryd is by die John Voster Stadion in Nigel gespeel en weens Covid-19 regulasies is geen toeskouers toegelaat nie.

Die spelers wat vir die Nigel-span hul drieë gedruk het, is Dean Wiehan, Pieter Grobler, Ruan Kotze, Pierre Labuschagne, Khomotso Makuele, Simphiwe Jange en Jason Koen. Een van die drieë was ’n straf drie.

Beide spanne het gesorg vir opwindende spel, alhoewel daar hanteringsfoute deur beide spanne gemaak is.
Die wedstryd het gedien as goeie oefening vir beide spanne, veral met die oog op hul onderskeie ligas wat binnekort begin.

Nigel Rugbyklub sal in die Merlin-liga speel, wat geklassifiseer kan word as die tweede-sterkste liga in die Valke streek. Die Heidelberg Rugbyklub sal in een vlak laer, die Kestrel-liga speel.

Die spanne se onderskeie ligawedstryde sal op 22 Mei begin.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button