Gimnaste van Nigel steeds aan die oefen

“Ons het nog geen kompetisie vooruitsigte vir die jaar nie, maar ons hoop vir goeie nuus na die winter.”

Die gimnaste van Nigel Gimnastiek-klub was die afgelope jaar wel minder aktief as normaal, maar het hulle nie deur Covid-19 laat onderkry nie.

Met die verslapping van die inperking regulasies en die dat sport weer beoefen kon word, kon die klub weer onder streng Covid-19 regulasies oopmaak.

“Ons mag byvoorbeeld nie toeskouers in die saal toelaat nie,” het Charlene Maritz, eienaar van die Nigel Gimnastiek-klub, gesê.

“Beide afrigters en kinders moet geskandeer word voor hulle die saal mag ingaan, en die afrigters moes ’n Covid-19 veiligheidkursus ondergaan.”

Die klub kon geen amptelike kompetisies in 2020 bywoon nie, maar danksy tegnologie was daar ander maniere van kompetisies en interaksies vir die gimnaste beskikbaar gestel.

Die meer junior spanne het, met die toestemming van hul ouers, aan ’n virtuele interklub kompetisie deelgeneem.
Met die virtuele kompetisie was gimnaste per video afgeneem, waarna ’n gimnas se verskeie roetines na ’n eksterne beoordelaar gestuur was vir ontleding.

Beide afrigters en gimnaste hoop vir meer amptelike vorme van kompetisies die jaar.

“Die klub is ook nog oop vir inskrywings,” het Maritz gesê.

“Dit is net baie beperk as gevolg van die Covid-19 regulasies, met die dat daar slegs helfte van die totale kapasiteit binne die saal mag wees.

“Die beperking sluit natuurlik afrigters en gimnaste in. Dit maak dit moeilik om ’n klub aan die gang te hou.”

Indien daar enige ouers is met enige navrae oor inskrywings vir hul kinders, kan Charlene Maritz gekontak word by 082 303 6192.

Exit mobile version