Sukses op die gholfbaan vir Heidelberg Rugbyklub

HEIDELBERG – ’n Gholfdag vir die Heidelberg Rugbyklub het op 30 Oktober plaasgevind.

Altesaam 64 spelers het deelgeneem. Verskeie borge, onder andere Valke Rugby-unie en Vereeniging Rugbyklub, het bygedra om die dag ’n sukses te maak.

Plaaslike besighede het putjies geborg en gesorg vir verversings.

“Die gholfdag was ’n fondsinsameling vir die rugbyklub en ons is dankbaar vir al die borge en besighede wat ons ondersteun het,” het Sean Greyling, die rugbyklub se voorsitter, gesê.

Heidelberg Rugbyklub is weer 27 Oktober oop.

“Nog nie al die spelers is terug nie, maar ons fokus tans op fiksheid vir die spelers wat wel kom. Die oefening sal volstoom begin vanaf die tweede week in Januarie,” het Greyling vertel.

Vir meer inligting kan Greyling by 083 611 2581 geskakel word.

Exit mobile version