Heidelberg Krieket Klub skop seisoen op hoë noot af

Heidelberg Krieket Klub se eerste span het die seisoen op 'n hoë noot hervat toe hulle op 15 November teen Randfotein in 'n vriendskaplike wedstryd gewen het.

Covid-19 het ‘n stop aan alle krieketaktiwiteite gesit sedert Maart en dit was die eerste wedstryd wat weer kon plaasvind na die inperking regulasie na vlak 1 verlaag het.

Spel vind onder streng Covid-19 protokol plaas. Johan Wessels (kaptein) het Sondag die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Heidelberg het 208 lopies aangeteken in hulle toegelate 50 beurte. Dit was veral die beurte van Johan Wessels (46), Denicho Visser (48), Ruben van Vuuren (21) en Marko du Toit (25) wat Heidelberg gehelp het om die goeie telling op die bord te plaas.

Denicho Visser het op sy beurt 48 lopies aangeteken tydens die vriendskaplika liga op 15 November waar hulle teen Randfontein gespeel en gewen het.

Tiaan Potgieter se spin sensasie was te veel vir Randfontein se kolwers. Hulle word uitgeboul met Martin Deysel se snelballe vir hulle telling op 160. Boulsyfers van Tiaan was 6/33 en Martin 3/30.

Heidelberg wen die wedstryd met 44 lopies en speel oor twee weke teen Old Parks.

Die amptelike liga sal in Januarie 2021 begin met Heidelberg wat drie spanne ingeskryf het.

Enige nuwe spelers is welkom. Kontak Bernard Raubenheimer op 083 489 8231.

Ruben van Vuuren in aksie tydens ‘n vorige wedstryd.
Exit mobile version