Local sportSport

Karatekas volstoom aan die gang

Sensei Bernard Raubenheimer se karatekas oefen reeds fluks sedert 14 Julie nadat hy 'n Covid-19 nakomingskursus en eksamen moes aflĂȘ om weer sy dojo se deure te kon heropen.

Dit het gevolg nadat Karate Suid-Afrika se aansoek en dokument van beplanning wat by die Minister van Sport en Kultuur ingehandig is, deur die minister goedgekeur is. Hierna het Sensei Raubenheimer die nodige eksamen suksesvol voltooi en het sy Heidelberg dojo die groen lig ontvang om weer met oefening voort te gaan.

Die Nigel dojo is op hierdie tydstip nog gesluit omdat die karateklub van Kenmekaar Dienssentrum se perseel in Nigel gebruik maak en ouetehuise sal tot en met vlak 1 vir besoekers gesluit wees. Dit beteken egter nie dat die Nigel karatekas lyf wegsteek nie, aangesien Sensei Raubenheimer tydgleuwe beskikbaar gestel het vir sy Nigel studente om in Heidelberg te oefen.

Klastye by die Heidelberg dojo is vermeerder en oefening vind van Maandae tot Donderdae plaas sodat kleiner groepe op dieselfde tyd teenwoordig is. Dit is van die reëls wat hier in plek is om aan alle Covid-19 voorkoming regulasies te voldoen. Nog voorkomingsmaatreëls wat deur die karateklub uitgevoer word, is die dra van maskers, neem van temperatuur, bywoningsregister, asook ontsmettingsmiddels vir die studente. Die karatekas voldoen ten alle tye aan die sosiale afstandreël en die oefening word so aangepas dat daar geen kontak tussen die sportlui tydens klas is nie.

“Tot en met toestemming formeel op vlak 1 van inperkingsregulasies deur die regering gegee word, sal geen kontak in my dojo toegelaat word nie,” het Raubenheimer benadruk. Hy en sy afrigters fokus tans op die karatekas se basiese tegnieke, katas en skadu-gevegte. “Kumite onderrig (kontak gevegskuns) sal eers op vlak 1 weer toegepas word,” het Raubenheimer verder verseker.

Vir ouers of karatekas wat egter steeds ongemaklik voel met die virus nog in ons midde, word aanlynklasse aangebied. Karatekas wat by die aanlyn oefengroepe wil aansluit, kan Raubenheimer vir die skakel en inligting kontak. Die aanlynklasse word vanuit die dojo uitgesaai waar karatekas stap vir stap die instruksies en klas by hul eie wonings kan inoefen.

“My karatekas het darem nie tydens die eerste vyf maande van inperking erg geroes nie. Ek het vroeg al deur middel van aanlynklasse vanuit my motorhuis die studente op hul tone gehou,” vertel Raubenheimer. Sowat 70% van sy karatekas het diĂ© klasse getrou bygewoon en hy bekommer hom nie dat sy studente maande se onderrig verloor het nie.

Raubenheimer het self ook nie rustyd geniet nie. Hy het deurentyd aanlynklasse bygewoon wat deur die top karate instrukteurs in Suid-Afrika en regoor die wĂȘreld aangebied is.

“Graderings is voorlopig geskeduleer om in September plaas te vind en ek voel positief dat my studente voorbereid is,” het Raubenheimer bygevoeg. Na afloop van die graderings, spring hy dan ook dadelik weg met nuwe innames. Sou jy nog altyd karate wou beoefen, hoef jy nie meer tot Januarie te wag nie – jy kan nou sommer in September wegspring en die kersie op die koek is dat jou eerste vier klasse gratis is.

Sensei Bernard is ‘n 5de dan swart gordel en beoefen karate vir meer as 46 jaar. Hy is ‘n internasionaal gekwalifiseerde afrigter, skeidsregter en eksaminator, wat hom een van die bestes ter wĂȘreld maak! Behalwe vir top-kwaliteit afrigting, staan sensei Bernard ook uit as skeidsregter, wat vanaf 2012 tot 2019 as hoof-skeidsregter van die styl opgetree het.

Sensei Bernard het in 2017 die SAJKA se nasionale span as spanbestuurder na Limerick in Ierland verteenwoordig tydens die 14de Funakoshi wĂȘreldkampioenskappe. Tans oefen hy kliphard in voorbereiding vir sy 6de dan gradering wat in 2021 in Japan sal plaasvind.
Hopelik is die pandemie in die nabye toekoms agter ons. Dan kan ons karatekas begin voorberei vir die Gauteng- en SA-kampioenskappe, asook die wĂȘreldkampioenskappe wat na November 2021 (in Japan) uitgestel moes word,” sĂȘ Raubenheimer.

Beginners (juniors en seniors) wat in September wil aansluit en hul karate onderrig wil afskop, kan Sensei Raubenheimer by 083 489 8231 vir meer inligting skakel.

Related Articles

Back to top button