Local sportSportBreaking News

Sensei Bernard karatekas bring 62 medaljes huis toe

Plaaslike span presteer uitsonderlik tydens Gauteng Kampioenskappe.

Karatekas van Sensei Bernard SAJKA (South African Japan Karate Association) Karateklubs het 62 medaljes tydens die Gauteng Kampioenskappe wat op 16 Maart in Ellispark aangebied is, verower. Die klubs sluit lede van Heidelberg, Nigel en Balfour in. 52 Lede het ook hul Gauteng klere verwerf.
61 Lede het in 118 afdelings tydens die kampioenskappe deelgeneem. Die kampioenskappe het vanjaar met meer as 1 400 inskrywings uit meer as 30 klubs gespog. Sensei Bernard se klubs word as een van die sterkste klubs in die land beskou wat al vir 46 jaar bestaan.

Die laer gordels karatekas van Sensei Bernard Karateklubs wat medaljes en Gauteng kleure tydens die kampioenskappe verwerf het.
Karatekas van Nigel.

Sensei Bernard Raubenheimer (hoofinstrukteur) sê hy bars van trots. Die medaljes het met 22 sedert verlede jaar se kampioenskappe vermeerder en lede het toe net aan 65 afdeling deelgeneem.
52 Lede sal vanjaar Gauteng in 91 afdelings verteenwoordig.
Sensei Bernard is reeds 46 jaar by karate betrokke en beskik oor ‘n vyfde Dan. Hy het in 1988 as afrigter gekwalifiseer en het ook verskeie nasionale kampioene afgerig. Hyself het ná 22 jaar die vloer betree en meegedoen in die 54 tot 59 jaar afdeling. Sensei Bernard het ‘n goue medalje in die Kumite (gevegsafdeling) en ‘n silwer medalje in die Kata afdeling verdien.

Hy mik nou om tydens die wêreldkampioenskappe wat later vanjaar in Japan aangebied word, vir die Suid-Afrikaanse span gekies te word. Sensei Bernard is ook besig om vir sy sesde Dan gradering, wat volgende jaar in Japan aangebied word, voor te berei. Hy is ‘n internasionaal gekwalifiseerde skeidsregter en eksaminator.

Sensei Bernard het ook op internasionale vlak aan kompetisies deelgeneem en is ‘n hoog aangeskrewe skeidsregter en tans een van net 10 A-klas internasionale skeidsregters in SAJKA. Hy gaan ook as skeidsregter tydens die wêreldkampioenskappe optree.

Sensei Bernard Karateklubs beskik oor 17 lede met swart gordels. Hieronder is hulpinstrukteurs Sensei Flippie Venter (derde Dan), Sensei Karen Raubenheimer (derde Dan) en Senpai Justin Walker (eerste Dan).

Sensei Bernard Karateklubs is oop vir kinders van 4 jaar tot bejaardes. Vir meer besonderhede kan Sensei Bernard by 083 489 8231 geskakel word.

Related Articles

Back to top button