Local sportSport

Plaaslike rugbyspelers blink uit

Junior en senior rugbyspelers van Nigel het die afgelope skoolvakansie by verskillende toernooie hul staal op die veld gewys.

Oud-Vossie Wilco Ras is tydens die Danie Rossouw rugbyweek wat gedurende Maart by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier aangebied is, vir die o/19-Barbarian toerspan gekies. Dié span het vanaf 21 tot 30 September na Rusland getoer waar hulle teen verskeie klubspanne in St Petersburg en Moscow gespeel het. Die Barbarianspan, waarvan Ras die kaptein was, het slegs een wedstryd verloor. Hy is ook kaptein van die rugby eerstespan by Hoërskool Vereeniging Gimnasium waar hy tans ‘n matriekleerder is en sê hy oorweeg om sy rugbyloopbaan voort te sit, terwyl hy volgende jaar by Noordwes Universiteit studeer.

Wilco Ras is tydens die Danie Rossouw rugbyweek wat gedurende Maart by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier aangebied is, vir die o/19-Barbarian toerspan gekies.

SUIKERBOSRAND JEUG RUGBYKLUB

Tiaan Deyzel, Elcher Grung en Louwrens van der Linde van Suikerbosrand Jeug Rugbyklub het vanaf 23 tot 28 September aan die Interprovinsiale Rugbytoernooi in Alberton deelgeneem, waar hulle die veld vir die Valke se o/14 IPT-span opgedraf het. Dié span het ‘n algehele derdeplek by die toernooi behaal.

Suikerbosrand Jeug Rugbyklubspeler Botshelo Motsepe het ook aan die Interprovinsiale Rugbytoernooi deelgeneem waar hy die Valke se o/13 IPT-span verteenwoordig het. Die o/13-span het die toernooi gewen.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button