Local sportSport

Spelers van Nigel Rugbyklub ryg toekennings in

Nigel Rugbyklub se prysuitdelingsfunksie het op 28 September by Laerskool Tini Vorster plaasgevind, waar spelers, afrigters en bestuur vir hul harde werk die afgelope seisoen beloon is.

Harriet van Wyk het ‘n toekenning vir mees getroue toeskouer van die jaar ontvang, terwyl Piet Celliers as klubman van die jaar aangewys is. Johan Engelbrecht is die bestuurskeuse as speler van die jaar.
In die o/21-afdeling is die volgende toekennings gemaak: Asanda Lamula (voorspeler van die jaar), Micheal van Tonder (agterspeler van die jaar), Gerhard Bezuidenhout (meeste punte aangeteken) en Layden Scheepers (meeste drieë gedruk). Chris Rielly is as o/21-speler van die jaar aangewys, terwyl AJ Delport ‘n trofee vir junior speler van die jaar ontvang het.

In die tweedespan-afdeling is Shain Nienaber as voorspeler van die jaar aangewys. Jacques de Beer het ‘n trofee vir agterspeler van die jaar ontvang en is as tweedespanspeler van die jaar aangewys. Ockert Grobler ‘n toekenning vir die speler wat die meeste drieë gedruk het, ontvang. Hy het ook die meeste punte gedurende die seisoen aangeteken.

Robert Botes ’n toekenning vir opkomende speler van die jaar, ontvang, terwyl Erik Ruthven met die voorsittersbeker weggestap het. Scalk O’Callaghan het ‘n toekenning vir opkomende speler van die jaar ontvang, terwyl Mohammed Lottering die eerstespan wisseltrofee ontvang het.
Reon Bezuidenhout is as senior speler van die jaar aangewys. die seisoen aangeteken en het bykomende toekennings ontvang. Ferdie Snyman het ‘n toekenning vir spelerskeuse van die jaar ontvang.

Eerstespanspeler Frikkie Jansen het ‘n trofee vir voorspeler van die jaar ontvang. John Holm’ner het die meeste drieë gedruk en is as eerstespanspeler van die jaar aangewys. Jarico van Niekerk is as agterspeler van die jaar aangewys. Reon Bezuidenhout het die meeste punte gedurende die seisoen aangeteken en is as senior speler van die jaar aangewys.

Mohammed Lottering het die eerstespan wisseltrofee ontvang, terwyl Erik Ruthen met die voorsittersbeker weggestap het. Schalk O’Callaghan het ‘n toekenning vir opkomende speler van die jaar ontvang.

Onder die bestuurslede is Deon Myburgh en Clive Botes gesamentlik as spanbestuurders van die jaar aangewys. Hansie van Wyk het ‘n toekenning vir afrigter van die jaar ontvang, terwyl Anita Celliers as bestuurslid van die jaar aangewys is.
Spesiale toekennings is ook na afloop aan Van Wyk en Kobie Snyman oorhandig vir hul bydrae tot Nigel Rugbyklub se sukses as ligawenners van beide die eersteen tweedespanne die afgelope seisoen.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button