Local sportSport

Meyer mik vir goud by internasionale gevegkuns kompetisie

HEIDELBERG - Francois Meyer, plaaslike gemengde gevegkuns (mixed martial arts) deelnemer, gaan Suid-Afrika vir die tweede agtereenvolgende jaar by die International Mixed Martial Arts Federation kampioenskappe in Bahrain verteenwoordig.

Hy is deel van die Suid-Afrikaanse span wat sy staal by dié gesogde kompetisie  vanaf 11 tot 16 November by die Khalifa Sports City Arena in Asië gaan wys.

Die toernooi lok duisende deelnemers van regoor die wêreld, waaronder die Bahrainse kroonprins wat glo ‘n groot ondersteuner is.

Meyer wat reeds met nasionale kleure spog, is ook lid van Ability Academy en het vroeeër vanjaar derdeplek in die liggewig afdeling by die Afrika Ope behaal.

“Ek voel positief oor die opkomende kompetisie. Vanjaar was my voorbereiding baie beter en ek is dankbaar dat my afrigters my kon help om ‘n meer toepaslike strategie te gebruik sonder om myself te beseer, soos wat verlede jaar die geval was. Ons het ook meer groep- as individuele oefeninge ter voorbereiding gedoen en natuurlik volg ek ‘n streng dieët,” het Meyer wat vanjaar vir goud mik, gesê.

Die Suid-Afrikaanse gemengde gevegkunsspan benodig egter finansiële bystand vir deelname aan die opkomende kompetisie.

Vir meer besonderhede hieroor, skakel Meyer by 073 342 1532 of besoek sy Facebook-blad.

 

Verlede jaar het Francois Meyer (ondanks ‘n ligte handfraktuur) tot by die derde ronde van die International Mixed Martial Arts Federation kampioenskappe in Bahrain deurgedring. Dié gemengde gevegkuns deelnemer verbonde aan Ability Academy, spog reeds met sy nasionale kleure vir gemengde gevegkuns en mik vir goud by vanjaar se kompetsie wat vanaf 11 tot 16 November plaasvind.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button