School sportSport

Volkskool se atlete lewer uitmuntende prestasies tydens interhoër byeenkoms

Nie minder nie as agt trofeë is deur Volkskool se atlete huis toe gebring.

HEIDELBERG – Hoër Volkskool se atlete en ondersteuners het ‘n diep indruk tydens die Interhoër gemaak met puik vertonings en sportmangees. Die byeenkoms het op 16 Februarie op Ligbron Akademie se sportgronde in Ermelo plaasgevind.

Hoër Volkskool se atletiekspan het ‘n algehele tweedeplek uit agt skole verdien met 1216.5 punte op die telbord na afloop van taai kompetisie. Hoërskool Rob Ferreira (1348.5) het eersteplek ingeneem, met Ligbron Akademie derde (1194.5 punte), Hoërskool Ermelo in vierdeplek, Hoërskool Middelburg vyfde, HTS Witbank sesde, Hoërskool Lydenburg sewende en Hoërskool Oosterland in die agtste posisie.

Nie minder nie as agt trofeë is deur Volkskool se atlete huis toe gebring.

Die trofee-wenners is Ruan Claassens (beste werpe – senior seuns), Favour Umeh (beste spronge onder senior meisies), Janca Fouché (beste hekkiesatleet onder die senior meisies), JC van Tonder (bester junior seuns hekkiesatleet), Robinn Thorburn (beste meisies baanatleet) en Robinn Thorburn (beste meisiesatleet in middelafstande).

Die Senior Victrix Ludorum – Jané Botha, sowel as Senior Victor Ludorum – Ruan Claassens is ook albei trotste Volkskool-atlete.

Volkskool se aflosspanne was ook vuurwarm op die dag en het kookwater vertonings gelewer. Die meisies o/16- sowel as o/19-aflosspanne het met eersteplekke weggestap. Volkskool se seuns o/16-aflosspan het ‘n tweedeplek verdien en die seuns o/19-aflosspan het ‘n welverdiende derdeplek ingeneem. Die meisies o/15-aflosspan spog ook met ‘n derdeplek.

Read more -> Hoër Volkskool Heidelberg beste in Sedibeng-Oos distrik na 2018 matriek-uitslae

‘n Groot aantal atlete van Volkskool is ook as medaljewenners aangewys. In die A-afdeling het die volgende atlete almal eersteplekke behaal: Danielle Mostert, Jané Botha (vier eersteplekke), Frederick Barnard, Caitlin Langner, Hannelise Hartley, Dominique Strydom, Karel Olwage, Bianca Erasmus, Ruan Claassens, Robinn Thorburn (twee eersteplekke), Janca Fouché (twee eersteplekke), Anjo Swart, Favour Umeh, Danielle Verwoerd (twee eersteplekke), Annericke Bornman (twee eersteplekke), Jurgens Rossouw en Keegan van der Merwe.

Atlete wat medaljes in die B-afdeling verdien het, is Annericke Bornman, Robinn Thornburn, Meagan Thompson (drie eersteplekke), Henco Strom, Pieter Kriel, Zabeth Breytenbach, Janca Fouché (twee eersteplekke), Ellané van Tonder, Danielle Verwoerd, Dellaine Willemse (twee eersteplekke), Favour Umeh, Johan Delport, Nkanyezi Gwebu, Eunice Labuschagne, Abbeygaile van As, Danielle Mostert, Jana du Plessis, Anli Fourie, Charmien Maloney, Bianca Erasmus en Michael Pieterse.

Read more -> Hoër Volkskool hou pretdag getiteld “Oertappeldag” met Graad-8s.

Atlete wat met tweedeplekke in die A-afdeling spog, is Ruan Claassens (twee tweedeplekke), Marli Schoeman (twee), Pieter Kriel, JJ du Plessis (twee), JC van Tonder (twee), Troepie van der Schyff, Morgan Fourie, Keegan van der Merwe (twee), Annericke Bornman, Paul Steyn (twee), Bobo Themba en Jana du Plessis.

In Afdeling B het die volgende atlete tweedeplekke verwerf: Henco Storm, Johan Delport, Jeandre Kloppers, Paul Steyn, Duhané du Plessis (twee), Calvin Horak, Jana Bothma en Wian Scheepers.

In Afdeling A is derdeplekke ingeneem deur Ruan Claassens, Troepie van der Schyff (twee), Hannalise Hartley (twee), Wian Wiersma (twee), JC van Tonder, Ellané van Tonder, Henk Pienaar, Abbeygayle van As, Lisa-Marie de Villiers, Delaine Willemse (twee), Mitchell Strydom, Demi du Toit, Brigita Hough, Melissa Roux en Dehan Opperman.

Afdeling B se derdeplekke het gegaan aan Nelrinda Meyer, Eduard Olivier, Franco Strydom (twee), Bernadine de Bruyn, Henk Pienaar, Mpho Mbata, Corné Rossouw, Eunice Labuschagne, Divan Kruger, Dirkie Botha, Ulrich Viljoen, Chrisandi Wessels, Jurgens Rossouw, Michael Pieterse, Geo Barnard, Rochelle van der Merwe en Morgan Fourie.

Favour Umeh het ‘n trofee tydens die Interhoër atletiekbyeenkoms ontvang vir beste spronge onder senior meisies.

 

Janca Fouché is as die beste hekkiesatleet onder die senior meisies aangewys.

 

Die Senior Victrix Ludorum wat na afloop van die Interhoër aangewys was, is Volkskool se Jané Botha.

 

JC van Tonder se spogvertonings het hom ‘n trofee besorg as beste junior seuns hekkiesatleet.

 

Volkskool se Robinn Thorburn het puik prestasies tydens die Interhoër gelewer. Sy het twee trofeë ingepalm: een vir beste meisies baanatleet en sy is ook as beste meisiesatleet in middelafstande aangewys.

 

Ruan Claassens is na afloop van die Interhoër as die Senior Victor Ludorum aangewys. Hy het ook die trofee ontvang vir beste werpe – senior seuns.

 

Volg ons op:

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button