Local sportSport

HEIDELBERG – Meals on Wheels se jaarlikse fietswedren.

Meals on Wheels van Vanderbijlpark, Vereeniging, Heidelberg en die areakantoor het kragte saamgespan met die organisering van die fietswedren.

Meals on Wheels se jaarlikse fietswedren het rekordgetalle van meer as 893 fietsryers vanjaar gelok.

Die 14de Meals on Wheels Fietswedren het by Sedaven Primary School op 29 September plaasgevind.

Meals on Wheels van Vanderbijlpark, Vereeniging, Heidelberg en die areakantoor het kragte saamgespan met die organisering van die fietswedren. Daar was ‘n 90km en 40km fietswedren en tandem asook ‘n rustige loop van 3km vir kinders. ‘n Eerste vir vanjaar se byeenkoms was die veldtrapresies van 5km en 10km. Die 90km roete het by Sedaven begin en fietsryers het met die R557 pad tot net voor Walkerville gery vanwaar die fietsryers weer teruggery het.

Tasmund Delport van Meals on Wheels Heidelberg sê die ingesamelde fondse word vir die Baanbrekers organisasie van die Sewende Aktiviste aangewend. Meals on Wheels beplan om volgende jaar ‘n afdeling vir gestremde fietsryers by te voeg.

Met die 90km fietswedren is die manswenners in hul ondeskeie afdelings soos volg:
Pierre Smith (senior, 02:26:38)
Jacques Greeff (sub-veteraan, 02:26:48)
Samuel de Swardt (meester, 02:26:49)
Moederick Salie (veteraan, 02:26:50)
Met tandem was dit Stefan Oberholzer en Juan Swanepoel (02:27:06).

Die vrouewenners in die 90km fietswedren was:
Jodie Berry (senior, 02:46:58)
Desiree Lester (sub-veteraan, 02:48:52)
Mirelle Koster (veteraan, 02:49:55)
Vanessa Vorster (meesters, 02:56:36).

Die manswenners in die 40km fietswedren in hul onderskeie afdelings was:
Mark Spencer en Luke Spencer (tandem, 01:08:32)
Patrick Weyers (senior, 01:13:03)
Jonathan Janse van Rensburg (sub-veteraan, 01:13:06)
Stefanus Mathysen (veteraan, 01:14:14)
Jan Greyling (grootmeester, 01:19:12)
Hendry Steyn (meester, 01:21:15)
Dequlan Mendes (junior, 01:22:16)
De Wet Van der Merwe (sub-junior, 01:43:32).

In die 40km vroue fietswedren was die wenners:
Elista Malhou (veteraan, 01:18:32)
Bernice Swanepoel (sub-veteraan, 01:24:26)
Val Scheppel (meesters, 01:27:17)
Cha Maune Jansen van Rensburg (senior, 01:27:39)
Alta Losper (groot meester, 01:43:21).

Die wenner in die 10km wedloop was: Oskar Sixoka

Die wenner in die 5km was: Ruben la Grange.

Roberto Favo
Roberto Favo het aan die Meals on Wheels fietswedren by Sedaven deelgeneem. Hy het die 90km roete voltooi.

 

Vir meer inligting en resultate besoek www.spectrumsport.co.za.

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button