Jo-lin Grobler, Sadé Stephens, Armand Celliërs, Salomé van Aswegen en Pierina Belotti is Hoërskool John Vorster se Jukskei uitblinkers. Hier staan hulle by die spanbestuurder Me Van Niekerk.
Hier is die Jukskei o/16 seuns A-span wat tweede in die liga geëindig het: Armand Celliërs, Derik Grobler (Damian Delport was afwesig).
Die Jukskei o/19 meisies A-span het tweede in die liga geëindig. Die span bestaan uit Pierina Belotti, Sadé Stephens, Nicolene Cronje en Salomé van Aswegen.
Die Jukskei o/16 meisies A-span het as wenners uit die liga getree en deurgedring na die Direkteurs Trofee toernooi wat op 15 September plaasvind. Die span bestaan uit Elaine Hartkopf, Doné Smit, Jo-lin Grobler, Hope van Biljon en Charmonic Pretorius.
Jannie Hough en Sean Roodt van Hoërskool John Vorster is in die provinsiale o/17-krieketspan (Easterns) opgeneem wat gedurende Oktober aan ‘n inter-provinsiale kriekettoernooi deelneem.
Die o/16 netbalspan het uitstekend gevaar in die Fast 5 netbaltoernooi wat vanaf 31 Augustus tot 1 September by Hoërskool Hans Moore aangebied is. Ondanks die feit dat hulle in die o/17-afdeling meegeding het, het dié Vossies vier wedstryde gewen en algeheel tweede geëindig. Hulle het ook deurgedring na die Fast 5 uitspele wat by Hoërskool Dr EG Jansen in Boksburg plaasgevind het en wen ses uit 10 wedstryde in die o/18-ouderdomsgroep. Die span bestaan uit Mieke Kapp, Doné Harris, Lucinda van der Merwe, Élandia Marais, Ki-Chél Botha, Chenay Stoop en Izelke Badenhorst. Hulle word deur Klarinda Stander (voor links) afgerig.