Laerskool Tini Vorster se Graad 3-leerders het hope talent. Zander Potgieter het tydens die D5 distrik hoofrekene op 7 Augustus gekwalifiseer vir deelname aan die Oos-Gauteng uitdunronde wat by Dalpark Onderwyssentrum plaasgevind het. Amorey Venter het tydens die Spellathon wat op 28 Augustus by Dalpark aangebied is, derdeplek behaal en deurgedring na die Oos-Gauteng finaal wat op 18 Oktober plaasvind. Waldo Nienaber het by die Life Skills distriksvlak kompetisie wat op 18 Augustus plaasgevind het, derdeplek behaal.
Hier is Laerskool Tini Vorster se krieketuitblinkers. Michael Doubell en Keane Duckitt is in die o/13 Blesbokspruit krieketspan opgeneem en het ook gekwalifiseer vir deelname aan die provinsiale proewe (Easterns) wat later vandeesmaand plaasvind. Handerik Deyzel is tydens die o/13-krieketproewe wat op 9 Augustus by Hoërskool Hugenote plaasgevind het, vir die Oos-Transvaalspan gekies wat vanaf 3 tot 6 Oktober aan die krieket Bokkieweek in Vereeniging gaan deelneem.