Sport

Nigel atlete vaar uitstekend by SA Down Sindroom Atletiekdag

Nigel spog vanjaar met twee atlete wat aan die Down Sindroom Atletiekdag deelgeneem het.

Altesaam 420 atlete het sake op 1 September by die Bestmed-Tuks atletiekstadion in Pretoria uitgespook.

Onder hulle was Riaan Arnoldi (5) en Danika van Aswegen van Nigel.

Dié byeenkoms word jaarliks in samewerking met die Tshwane Metro en verskeie borge aangebied. Sover bekend is dit die grootste byeenkoms van sy soort in die land en wek wye belangstelling uit alle provinsies.

Riaan het aan twee items deelgeneem waar hy tweedeplek in fietstrap en derdeplek in die 60m naellope behaal het. Hy het ook algeheel vyfde in die o/6-ouderdomsgroep geëindig en volgens sy ma Nicolene, kan hy nie méér trots op sy silwer medalje wees nie.

“Dit gaan goed met Riaan en hy pas uitstekend in sy ‘normale’ omgewing aan. Hy het vanjaar se atletiekdag terdeë geniet en goed saamgewerk,” het Nicolene aan HERAUT gesê.

Die eenjarige Danika is op twee weke ná geboorte met Down Sindroom gediagnoseer, maar volgens haar ouers Tricia en Danie van Aswegen is sy ‘n gesonde en gelukkige peuter.Sy het vanjaar vir die eerstekeer aan die atletiekdag deelgeneem en met behulp van pa Danie se sportvernuf, het sy ‘n silwer medalje in die stootwaentjie-resies behaal.

Vir die ouers van kinders wat met Down Sindroom gediagnoseer is, lê die atletiekdag hulle na aan die harte. Nicolene sê dit bied ‘n sosiale platform aan die Down Sindroom gemeenskap waar elke ouer sy of haar kind se unieke menswees kan geniet.

 

Iaan Arnoldi (5) spog hier met sy silwer medalje wat hy vir fietstrap by vanjaar se Down Sindroom Atletiekdag in Pretoria behaal het.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

Related Articles

Back to top button