Suikerbosrand Atletiekklub se landloopseisoen het op 5 Mei afgeskop en die langasems het reeds ses ligabyeenkomste agter die rug.
28 Atlete het ook op 4 Augustus aan die Atletiek Vaal-Driehoek (AVD) se landloopkampioenskappe wat by Randwater se Zuikerbos pompstasie aangebied is, deelgeneem en uitstekend gevaar.
Die volgende atlete het eersteplekke behaal: Lohané Aucamp (o/9), Jean-Pear Delport (o/10), en Sarien Botha (o/16). Nkanyezi Gwebu (o/15), Lindie Coetzee (o/15) en Duhané du Plessis (o/17) het tweedeplekke behaal terwyl Adriaan Botha (o/11), Wiepke Schoeman (o/12), Annericke Bornman (o/14) en Claudia Oosthuizen (junior vroue) derdeplekke behaal het.
Al die atlete is in die AVD provinsiale span opgeneem wat op 8 September aan die jaarlikse Atletiek Suid-Afrika landloopkampioenskappe in Port Elizabeth gaan deelneem.
Volg ons: